<%@LANGUAGE="VBSCRIPT"%> <% Option Explicit %> <% set objRS = Server.CreateObject("ADODB.Recordset") objRS.ActiveConnection = KOSHconn objRS.Source = "SELECT * FROM CATEGORIES" objRS.CursorType = 0 objRS.CursorLocation = 2 objRS.LockType = 3 objRS.Open() %> KOSH Database - Anglo-Boere oorlog
 





 

 Weens die verwoesting van woonhuise en plase en die uitroeiing van vee deur die Britte, besef generaal De la Rey vroeg in 1902 dat ‘n klinkende oorwinning nodig is om voorrade, veral ammunisie aan te vul en om die burgers se moreel te versterk. Dit moes ook help om die druk van die Britse magte op generaals Louis Botha en Christiaan de Wet weg te lei.

Daar was talle kleiner skermutselinge tussen die Boere en Britte in die omgewing maar nie veel sukses is behaal nie. Die aangewese plek om ‘n Britse voorradekonvooi voor te lê, was die omgewing van Klerksdorp omdat die spoorwegeindpunt daar was en gevolglik groot hoeveelhede voorrade vir gebruik deur die garnissoenposte in Suidwes-Transvaal geberg is.

Hier het die Britte in De la Rey se hande gespeel. Die geleentheid tot ‘n oorwinning doen hom voor toe ‘n groot konvooi vanaf die Britse basis te Wolmaransstad die aand van 24 Februarie 1902 op die oostelike oewer van Ysterspruit naby Klerksdorp kampeer. De la Rey en generaals Kemp, Cilliers en Liebenberg behaal die volgende dag ‘n groot oorwinning oor hierdie konvooi. Van groot belang was die 156 waens van allerlei aard, 1 500 muile, 150 perde, twee kanonne, ‘n pom-pom, ‘n masjiengeweer, 2 000 gewere en ‘n half-miljoen patrone wat gebuit is. Vyf offisiere en 48 man is gedood, ongeveer 130 gewond, en 16 van die 270 krygsgevangenes wat die Boere geneem het is ook gewond. Aan Boerekant was 12 dood, en 42 gewond.

Ysterspruit het die burgers in die Wes-Transvaal nie slegs van broodnodige voorrade voorsien nie, maar was ook vir die Republikeine elders in Transvaal en die OVS ‘n belangrike opkikkeraar.

In die noordwestelike hoek is die grafte van meer as 200 Britse soldate wat in die omgewing gesneuwel het. Hulle is maklik herkenbaar aan die ysterkruise. Een van die gedenktekens is dié wat opgerig is vir die soldate wat te Ysterspruit gesneuwel het.

 

 

 

 

   

 

 



<% Server.Execute("/metatraffic/track.asp") %> <% 'objRS.Close() Set objRS = Nothing %>